Rosetta-ruimtetuig

Die Rosetta-ruimtetuig
Foto van komeet 67P/Churyumov-Gerasimenko soos op 17 Maart 2015 deur Rosetta geneem, ongeveer 82 km van die middelpunt van die komeet af.
Trajek van die Rosetta-ruimtetuig
                     Rosetta-tuig (van 1 tot 12)                      Komeetbaan                      Aarde se wentelbaan                      Mars se wentelbaan                      Jupiter se wentelbaan

Die Rosetta-ruimtetuig was ’n ruimtetuig van die Europese Ruimteagentskap met ’n landingstuig, Philae, aan boord. Dit is op 2 Maart 2004 gelanseer met die doel om ná ’n 10 jaar lange reis die komeet 67P/Churyumov-Gerasimenko te bereik, daarom te wentel en die landingstuig te ontkoppel om daarop te land. Op 6 Augustus 2014 het die Rosetta, nadat dit 6,4 miljard kilometer afgelê het, uiteindelik sy bestemming bereik. In die proses het dit verskeie kere by die Aarde en Mars verbygeskuur om deur die slingervel-metode te versnel, sodat dit ’n snelheid soortgelyk aan die komeet s'n kon bereik.[1]

Die tuig is genoem na die Rosettasteen, ’n stele van Antieke Egipte met ’n verordening in drie skryfstelsels. Die landingstuig is genoem na die Philae-obelisk, wat ’n tweetalige inskripsie bevat in Grieks en Egiptiese hiërogliewe.

  1. Video: Na tien jaar is ruimtetuig by komeet, Maroela Media, 6 Augustus 2014

Developed by StudentB